012 660 2279 / 082 786 9674 francoisest@xsinet.co.za
My naam is Francois Esterhuizen. Ek is op 12 Junie 1964 in Oos-Londen gebore. Ek het studeer aan die universiteite van die Vrystaat en Stellenbosch.
Ek is getroud met Ingrid, ’n onderwyseres, en ons het twee seuns LouFrans en Hanlo. Ek hou van die buitelewe en kamp graag. Ek draf ook graag of speel tennis. My musieksmaak val in klassieke- en Taize musiek. Vir 'n stokperdjie versamel ek eerstedagkoeverte.
In ons gemeente is ek verantwoordelik vir gebed, pastoraat, sending en gebed. My passie is Bybelse spiritualiteit en kontemplatiewe gebed.
082 572 6463 / dewyku@iafrica.com
Gebore en getoë in die Noord-oos Vrystaat. Ek is die oudste van drie seuns en het op ʼn saai- en melkplaas groot geword. Begin op 5 jarige ouderdom skoolgaan op Tweeling en is daar op skool tot aan die einde van Graad drie.
Vanaf Graad 4 verskuif my skoolloopbaan na die Hoërskool Wilgerivier op Frankfort. In 1980 matrikuleer ek hier en besluit om aan die Universiteit van Pretoria Meganiese Ingenieurswese te gaan studeer. In dieselfde tydperk gebeur twee wonderlike dinge in my lewe: ek ontvang ʼn beurs vir ingenieurswese asook ʼn baie rooskleurige toekoms by ʼn baie groot ingenieursfirma. Gelyktydig daarmee ontvang ek die roeping van die Here om te gaan teologie studeer.
In 1981 meld ek aan by die Universiteit van Pretoria en bring vier van die wonderlikste jare van my lewe deur in Olienhout manskoshuis. Naas baie sport en gereelde sports verwerf ek my BA-graad in 1983. In die volgende jaar (1984) word ek gekeur om voort te gaan met ʼn BA Hons (Sielkunde) asook toelating tot die Kweekskool. In 1986 voltooi ek die BD graad en word gekeur om in 1987 met doktorale studie aan te gaan. In 1988 voltooi ek my doktorale eksamens en slaag ook my Diploma in Teologie. In November 1988 word ek gelegitimeer en begin Januarie 1989 met weermagopleiding. Na basiese opleiding (Heidelberg) doen ek diens in onderskeidelik die Kapelaan-Generaal se kantoor en later by Militêre Inligting as navorser. In September 1991 ontvang ek ʼn Doktorsgraag in Kerkreg.
Op kerklike gebied is ek in Augustus 1990 beroep na die destydse Monavoni gemeente wat in Julie 1996 saamsmelt met Raslouw gemeente. Verder dien ek op verskeie kerklike (ring en sinodale) kommissies onder andere die Sinodale Regskommissie. Intussen het ek ook ʼn graad in die regte (LLB) verwerf en is sedert September 2005 die Aktuarius van die Noordelike Sinode.
Ek ontmoet my lewensmaat een aand by ‘n “huisdans” en is ʼn jaar later met haar getroud. Ansa (gebore de Klerk) – jongste dogter van vier kinders en is ook ʼn oud Vrystater uit Welkom. Ons het twee kinders waarvan die oudste, Danie ʼn derde jaar ingenieurstudent aan die Universiteit van Pretoria is en Marilie studeer tanddeelkunde.
Waar en hoe die Here my wil gebruik – daaroor worstel ek daagliks, maar sy opdrag het ek oor jare baie duidelik gehoor en jaag dit so ver moontlik na:
“Waar jy kom – maak ʼn verskil !”
012 654-1933 / 082 854 0703 /manie@magro.co.za
Hi daar, yes-yes, hallo jy! My naam is Manie Groenewald. Ek is die jongste én die jongste dominee van Raslouw gemeente (wat ouderdom en diensjare aanbetref). Ek is getroud met Ronél, `n Wiskunde-onderwyseres. Sy is werksaam by Cresta College privaatskool en gee ook ekstra Wiskundeklasse van die huis af. Ons het twee kinders, 'n pragtige dogtertjie - Marlené en 'n seuntjie - Rumarko.
Ons is `n baie hegte gesin met `n liefde vir Musiek, sport en die buitelewe. Ek en Ronél sing baie graag saam. Ons is albei deel van die musiekbediening in die gemeente en tree ook individueel en saam op as deel van sommige eredienste waar ek die Woord bedien. Ons is tans besig om ons eerste CD op te neem en vertrou die Here om dit te gebruik om mense se lewens om te keer vir Jesus.
Binne ons gemeente is ek die voog/mentorleraar vir die Jeugbediening – ek het `n groot liefde vir kinders en tieners! Verder is ek betrokke by die bediening van nuwe lidmate, selfs oor taal- en kultuurgrense heen soos gesien kan word in my verantwoordelikheid by JAVA Fellowship. Ek is ook betrokke by die Goeie Nuus Bediening omdat evangelisasie `n passie van my hart is.
My lewensleuse is Ps. 73:25 – “Daar is niks in die hemel of op die aarde wat vir my meer beteken as U nie. Al is ek afgetakel na liggaam en gees, God is my sterkte – aan Hom behoort ek vir altyd.”
