Personeel



Leraars

Jeugleraars

Dagbestuur

Diakonie


Vra 'n Leraar

Ons besef dat jy somtyds vrae het wat jy nie gemaklik is om persoonlik te vra nie. Hier gee ons jou die geleentheid om te se wat op jou hart is.

Een van ons leraars sal jou terugkontak op die e-pos of telefoonnommer wat jy invul.

Alle kommunikasie is streng vertroulik.


 

 

Raslouw se jeugleraars

Marlene Botha - Junior Jeug

Marlene Botha

Ek is Marlene Botha. Ek studeer voltyds teologie aan die Universiteit van Pretoria, maar is vanaf November 2009, ook die Junior Jeugwerker by N.G. Gemeente Raslouw. In die kinderbediening, staan 2Tim 1:14 vir my sentraal: “ Wat aan jou toevertrou is, is goed. Bewaar dit deur die Heilige Gees wat in ons woon.” Die kinders van Raslouw, gee my die geleentheid om te dien en ek ag dit ‘n ongelooflike voorreg om te leer by die voete van ‘n kind. Wanneer ek nie by die kerk of universiteit is nie, sal jy my waarskynlik in die gym of by die teater kry.

Peter Kotze -Senior Jeug

Peter

Ek is Peter Kotze. Ek is tans ‘n teologie student by die Universiteit van Pretoria. Ek hou van enige tipe sport, met my nuut ontdekte gunstelling heelbo aan die lys, naamlik “Sandboarding.” Ek is lief vir die lewe en ook al die verskillende kunste wat daarmee saam gaan. Ek glo ‘n mens verheerlik God deur die gebruik van jou talente en jou passie. Dit is juis my passie om met die jeug te werk, en ek sou graag wou hê dat die jeug ‘n passie vir God en vir die lewe moet ontwikkel. Dit is ‘n tipe passie wat verby die kerk tot in die daaglikse lewe strek, ‘n passie wat die potensiaal het om die wêreld te verander. Ek grond hierdie passie op Handelinge 1:8: "Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judea en in Samaria en tot in die uithoeke van die wêreld." Ek glo ‘n mens moet leef asof daar nie ‘n more is nie.