Personeel


Leraars

Jeugleraars

Dagbestuur

Diakonie

Vra 'n Leraar

Ons besef dat jy somtyds vrae het wat jy nie gemaklik is om persoonlik te vra nie. Hier gee ons jou die geleentheid om te se wat op jou hart is.

Een van ons leraars sal jou terugkontak op die e-pos of telefoonnommer wat jy invul.

Alle kommunikasie is streng vertroulik.

 

 

NG Gemeente Raslouw oorsig:

Die gemeente het op 31 Maart 1976 afgestig van Eldoraigne NG gemeente.  Met afstigting bestaan die gemeente uit 790 belydende en 580 dooplidmate.  Die eerste leraarspaar, Ds. en me JF Hay, is op Vrydag 30 Julie 1976 ontvang en bevestig.  Tans bestaan die gemeente uit byna 2 200 belydende lidmate en meer as 600 dooplidmate en word deur drie voltydse leraars, twee jeugwerkers (wat beide Teologiese studente by Tukkies is), drie sekretaresses, `n orrelis, een week- en een naweekkoster en ʼn skoonmaker bedien.  

Die gemeente bestaan uit die volgende woongebiede: Eldoglen,  Eldopark, Eldomanor,  Wierdapark x1,  Celtisdal  en die kleinhoewes: Heuweloord, Raslouw, Sunderland Ridge, Monavoni, Mnandi en Knoppieslaagte.  Daar is reeds 'n hele aantal lidmate wat buite die grense van Raslouw woon en  met groot vreugde as buitewyklidmate by ons gemeente inskakel.

Die drie leraars is almal verantwoordelik vir die normale aspekte van gemeentebediening wat prediking, huisbesoek, siekebesoek en ander pastoraat insluit.  Verder fokus elkeen van hulle ook op meer gespesialiseerde bedienings binne die gemeente, naamlik:  Administrasie & Bestuur (Ds. Dewyk), Pastoraat Ds. Francois) en Gemeente-ontwikkeling (Ds. Manie).  Ds. Manie is ook die Voogleraar vir die Jeugbediening en tree as mentor vir die twee jeugwerkers op.  Die leraars doen gesamentlik huisbesoek van blok tot blok en poog om binne `n siklus van twee jaar by elke huisbesoekpunt formeel besoek af te lê.  Opvolgbesoeke word deur die leraars gereël.  Lidmate kan ook deur middel van die Leraarsekretaresse 'n afspraak met die betrokke leraar reël (hetsy tuis of by die pastorie).

Diakens/wyksdienswerkers bedien elke wyk maandeliks waar lidmate die geleentheid kry om deur middel van ʼn dankofferkoevert 'n bydrae te lewer.  Die diakens/wyksdienswerkers versprei ook die inligting en nuusbriewe van die gemeente aan elke besoekpunt.  Lidmate kan ook deur die Kerkkantoor reël vir aftrek-, debiet- en elektroniese oorbetalings (magneetband) van maandelikse bydraes.