Ons Gemeenskap
[Christen Ridders]

Christen Ridders is ‘n motorfietsklub wat sy grondslag in Christelike norme en waardes vind. Die klub streef na die volgende doelwitte:
-
Om die Woord van God onder die motorfiets gemeenskap te verkondig.
-
Om persone wat deur die aktiwiteite van die klub tot bekering gekom het te lei en te ondersteun in hulle pad na geestelike volwassenheid.
-
Om ander motorfietsklubs met ‘n Christelike inslag te ondersteun.
-
Om geleenthede te skep waar klublede met ander gelowiges kan assosieer.
-
Om geleenthede te skep waar lede van die klub geestelik kan groei.
-
Om die gemeenskap te bedien met die Woord van God.
-
Om die beeld van Christus na buite uit te dra.
Vir meer inligting skakel:
Albert Ferreira
Christen Ridders Motorfietsklub
info@christianknightsmcc.co.za
078 801 6831
Wesite: www.christenridders.co.za
Facebook: Christian Knights MCC
