Baie welkom by
NG Gemeente Raslouw
Of jy nou nuut in die geloofsgemeenskap is of moontlik verhuis het, of net 'n nuwe geestelike tuiste soek; ons is verheug om jou by Raslouw te verwelkom.Elke nuwe lidmaat is vir ons 'n blye aanwins tot die Liggaam van Christus.
Die Nuwe Lidmaat Bediening van Raslouw
Raslouw wil nuwe intrekkers, sowel as kerklos/soekende mense verwelkom, betrek en geestelik bedien. Die gevolg is 'n bediening met 2 onderskeie sub-bedienings.
Ons Nuwe Lidmaat Bediening is verdeel in tweee bene naamlik:
- Die Nuwe Intrekkersbediening (NIB)
- Die Nuwe Ontwikkelingsbediening (NOB)
Nuwe Intrekkersbediening (NIB)
Nuwe intrekkers word by Raslouw verwelkom deur André du Plessis 082 922 0625 andre@oneturn.co.za of Ds Manie Groenewald 082 854 0703 of epos manie@magro.co.za. Hy help jou om in te skakel in die gemeente. Vul asb ons aanlyn inskrywingsvorm in, sodat die Kerkkantoor jou op hoogte kan hou van belangrike gebeure in die gemeente. Faks asb die vrom na 086 547 3958.
Nuwe Ontwikkelingsbediening (NOB)
Deur die Nuwe Ontwikkelingsbediening poog ons hier by Raslouw om mense wat in sekuriteitskomplekse of -woonparke intrek te bereik met inligting aangaande ons eie gemeente sowel as die kerk in die breë. Ten einde ons doel te bereik skakel ons met eiendomsagente, huiseienaarverenigings (HOA) en kompleks besture. Indien u in 'n woonpark of kompleks woonagtig is en vir ons op een of ander manier behulpsaam kan wees om mede inwoners met die nodige kerklike inligting te bereik sal ons u hulp verwelkom. Skakel gerus vir Walter Sutton by 082 778 2801.
