Raslouw se Kalender 2011
Bly op hoogte van alles wat in die gemeente beplan word. In ons kalender word die skoolvakansies asook Nasionale Vakansiedae aangedui.
![]() |
|
|---|
Die volgende veranderings moet aan die Kalender aangebring word:
- Die senior kategese op Sondagaande sal tot minstens 18h15 duur.
- Die junior jeug se afsluiting vir die derde kwartaal sal plaasvind op Sondag 18 September en nie op 25 September nie. Die gesinsdiens sal steeds op laasgenoemde Sondag plaasvind volgens die kalender.
- Die Hoêrskool avontuurkamp (30 September tot 2 Oktober) sal nie meer plaasvind nie.
- Let wel: Die laerskoolkamp van 14 tot 16 Oktober vind plaas saam met die gemeentekamp te Ruimtewildsplaas vir kinders van volwassenes wat die gemeentekamp bywoon.
- Die omgeegroep leiersopleiding van 6 November skuif na 9 Oktober om 17h00 in die Konsistorie.
- Op 23 Oktober sal daar geen Jeugdiens wees nie. Die aanddiens om 18h30 sal 'n gesamentlike lof- en aanbiddingsdiens wees waar almal welkom is.

