Geestelike Bedienings
Die Alpha kursus is ‘n geleentheid vir almal om die Christelike geloof te ondersoek in groep verband oor ‘n tydperk van elf dae versprei oor nege weke.
Onderwerpe wat bespreek word behels:
Wie is Jesus en waarom het Hy gesterf?
Hoe kan ek van my geloof seker wees?
Waarom en hoe moet ek die Bybel lees?
Waarom en hoe moet ek bid?
Hoe lei God ons?
Wat doen die Heilige Gees en hoe word ek met die Heilige Gees vervul?
Hoe kan ek die bose weerstaan?
Waarom en hoe moet ons ander vertel?
Genees God vandag nog?
Wat omtrent die Kerk?
Wat is ALPHA?
Almal wat belangstel om meer uit te vind oor die Christelike geloof.
Leer en lag. Dit is moontlik om te leer en terselfdertyd dit te geniet!
Pasta en poeding! Ons begin elke aand deur lekker saam te gesels en vriende te maak terwyl ons 'n heerlike maaltyd nuttig.
Help mekaar. In die kleingroep help ons mekaar om die onderwerpe beter te verstaan en om antwoorde op vrae te kry.
Alle vrae kan gevra word. Op Alpha is daar geen vraag te eenvoudig of te sensitief nie
‘n Kinderoppasdiens is beskikbaar
Kontak persoon
Glen Pretorius - 082 399 5077 / glenliz.pretorius@gmail.com
‘n Tipiese byeenkoms duur ongeveer drie ure en bestaan uit:
Sosiale interaksie ('n gesamentlike ete word gewoonlik aangebied)
Lofsang en onderwerp aanbieding
Bespreking in kleingroep verband.
Kursusse word gewoonlik in die eerste en derde kwartaal van die jaar aangebied. ‘n Jeug Alpha loop saam met die tweede Alpha. Daar is ook ‘n Alpha in die werksplek – na gelang van behoefte.
Kursusse word bemark en belangstellendes kan gerus die Kerkkantoor 012-654 3936 skakel.
Geen gemeente kan sonder gebed/voorbidding funksioneer nie!
Gebedsblaadjie word elke Sondag tydens eredienste versprei. Artikels oor gebed, gebedsversoeke, gebedsbehoeftes, bedankings en gebedsverhoring word daarin geplaas.
Geleentheid word Dinsdae geskep vir gebed/stiltetyd/meditering wanneer die kerk oop is vir gebed vanaf 07h00-19h00. Gebedeboeke word uitgesit vir gebedsopleiding wat lidmate kan gebruik vir gebedsverdieping.
Die bediening poog om lidmate betrokke te kry om vir verskeie aksies/bedieninge/sake en vir die siekes te bid.
Lidmate word aangemoedig om te bid vir siekes, eensames, depressiewes, oues, getraumariseerdes en slagoffers van misdaad, en of ongelukke en om betrokke te raak by dié lidmate. Gebedsversoeke word vertroulik hanteer. Help ons bid vir Raslouw-gemeente!
‘n Vormpie kan ingevul word vir enige gebedsversoeke en in die gebedsboksie, by die hoofingang van die kerk, te plaas.
Kontakpersoon: Lorraine Victor 012 654 5472, 072 112 3370
Koördineerder: Elzette Tredoux
012 660 2617/ 083 2604 857/ lz@mrj.co.za
Laerskool Jeugleraar (jeug 0-13 jaar): Ds. Manie Groenewald
012 654-1933 / 082 854 0703 /manie@magro.co.za
Laerskool Jeugwerker (jeug 0-13 jaar): Marlene Botha
072 737 3582 Merlin.botha@yahoo.com
Hoërskool Jeugleraar(jeug 14-25 jaar): Ds. Déwyk Ungerer
082 572 6463 / dewyku@iafrica.com
Hoërskool Jeugwerker(jeug 14-25 jaar):Peter Kotze
082 571 1045
/ pkotze@hotmail.com
Die Jeugbediening is toegespits op die totale Jeug in die Gemeente en bestaan uit kategese, jeug aksies, Koffiekroeg, kampe en pastorale bediening vir ons jeug. Die Jeugwerkers is verantwoordelik vir die Bestuur van die totale jeugbediening. Hierin word hy/sy ondersteun deur die Kategese en Jeug-koördineerders.
Kyk gerus na ons Jeugwebblad vir meer inligting.
Omgeegroepe bied aan elke lidmaat die geleentheid om hulle geloof uit te leef in verhouding met en saam met medegelowiges en streef na groei in hul verhouding met God, met mekaar en in hulle diensbaarheid aan die wêreld. Omgeegroepe funksioneer op die basis van vrye assosiasie en groeplede kan wissel. Daar is tans 30 groepe aktief betrokke.
Voogleraar : Ds. Manie Groenewald
012 654-1933 / 082 854 0703 /manie@magro.co.za
Koördineerder: Tinie van der Berg
082 878 1792
Die Goeie Nuus Bediening het gefokus op besoeke aan lidmate wat geloofsonsekerheid beleef of kerklos is. Hierdie bediening is tans in 'n oorgangsproses en sal in 2012 op 'n nuwe manier van stapel gestuur word.
Die leraars is primêr verantwoordelik vir die pastorale versorging van die lidmate. Hierdie versorging sluit in die normale huisbesoek, hantering van trauma, sieke- en hospitaalbesoek. Daarom besoek die leraars graag ons lidmate tuis en in hospitale wat siek is of operasies ondergaan. Dit is egter elke lidmaat se verantwoordelikheid om die leraar of die kerkkantoor daarvan in kennis te stel.
Die gemeente beskik ook oor 'n uitgebreide pastorale diens met 'n pastoraal opgeleide en ervare leraar aan die hoof. Hy word bygestaan deur verskeie lidmate wat in die gemeente in spesifieke pastorale rigtings opgelei is. Hierdie diens het ten doel om 'n christengedrewe pastorale (ondersteunings-) diens aan lidmate te lewer soos nodig. Verder word ook 'n bydrae gelewer tot geestelike groei deur middel van kampe wat aangebied word met die doel om 'n klimaat te skep waarin God en die lewe wat Hy gegee het, geniet kan word.
Voogleraar / terapie: Ds Francois Esterhuizen
012 660 2279 / 082 786 9674 francoisest@xsinet.co.za
Kampe:
“Retreat”, Enkel-aksie en Persoonsverryking
Kontakpersoon:
Opleiding:
Geskied vanuit 'n narratiewe hoek waar terapeuties gestreef word na ʼn “nuwe verhaal” wat God in jou wil skryf en weg te kom van die “probleemversadigde” verhaal.
Traumasorg:
Ontlonting van post-traumatiese sorg
Kontakpersoon: Ds. Francois Esterhuizen 012 660 2279 / 082 786 9674 / fracoisest@xsinet.co.za
Siekesorg:
Ondersteun siekes in hospitale en tuis en persone wat geliefdes deur die dood afgestaan het, asook Senior Lidmate
Kontakpersone: Ds. Francois Esterhuizen 012 660 2279 / 082 786 9674 / fracoisest@xsinet.co.za
Lorraine Victor 012 654 5472 / 072 112 3370
Enkelaksie:
Funksioneer as uitgebreide Christenfamilie. Doen dinge saam as mede-gelowiges ten einde hulle alleenheid te omskep tot groter christen-lewenskwaliteit
Kontakpersoon: Marionae Joubert 654 5519 / 082 852 2072
Stilword-Aksie:
Ondersteunend tot spiritualiteit en belewenis van
intense verhouding met God by alle lidmate.
Kontakpersoon: Ds. Francois Esterhuizen 012 660 2279 / 082 786 9674 / fracoisest@xsinet.co.za
Raslouw-gemeente se sendingaksie reik oor kulturele en nasionale grense uit na ander met die Evangelie om die Koninkryk van God in die wêreld te laat kom. Ons sendingaksies sluit in:
Plaaslike evangelisasie
•Werkers en Werkloses van ander kulture word op materiёle, sosiale en geestelike vlak bedien.
•Weeklikse-bedienings (Midweek) word gehou
•Sopkombuis - Dinsdae: Wierdapark Shoprite/ Vrydae: Rooihuiskraal
•Skakeling met Gemeentes van ander kulture : VGK Irene, RCA Laudium
•Bybel en Geestelike literatuur verspreiding
•Olievenhoutbosch & Mooiplaas/Spruit Informele Nedersetting -Opleiding van Geestelike Leiers d.m.v. Nehemia Kursus
Internasionale Evangelisasie
•Zimbabwe – Sendinguitreike in samewerking met Jeugbediening
•Mosambiek - Ondersteun ‘n voltydse sendeling asook Orphans Unlimited projekte. (Ontwikkeling van Bybelvideo’s in Makua, die plaaslike taal).
Voogleraar: Francois Esterhuizen
012 660 2279 / 082 786 9674 / francoisest@xsinet.co.za
Koördineerder: Roelf Mostert
654 3898 / 082 464 1995
Bemarking: Resia Pretorius
012 658 0002 / 082 929 5041
Sendelinge: Eric Dry 073 772 2026 / David Ngubane 073 391 6909
Voorsitter: Ansa Ungerer 654 3121/ 083 388 4602
Sekretaresse: Elsabe Barnard 661 0008/ 083 376 6463
Tesouriere: Adre Alberts 653 2210/ 083 376 6463
Raslouw se Vrouediens Bediening het ‘n wye portefeulje van diensgroepe wat ’n verskil maak in mense se lewens. Ons diensgroepe:
SENIOR LIDMATE DIENSGROEP - Senior lidmate vergader elke 3de Woensdag van die maand. Hulle rig besoeke tydens siekbed en skakel met seniors rakende verjaarsdae, byeenkomste ens. Daar tree tydens elke byeenkoms een van ons predikante asook ‘n gasspreker op.
RUSOORD DIENSGROEP - Ons besoek 3 keer per jaar die tehuis en 5 bejaardes word op ‘n weeklikse basis besoek.
ABRAHAM KRIEL KINDERHUIS DIENSGROEP - Ons ondersteun Huis Mopanie (Nylstroom) , ‘n huis met dogters tussen 13 en 18 jaar.
BLOMME DIENSGROEP - Die groep is verantwoordelik vir die ruikers voor in die kerk.
TEESKINK DIENSGROEP - Die diensgroep word opgedeel in teeskink groepe vir begrafnisse, Sondae na die erediens en tydens kerkraadsvergaderings.
WESKOPPIES DIENSGROEP - Diensgroeplede besoek die Hospitaal op Woensdae.
VAARDIGHEIDSKLASSE DIENSGROEP - Handvaardigheidsklasse word elke Donderdag aangebied vir huishulpe om hulle toe te rus om selfonderhoudend te wees.
BEERTJIE/MUSSIES PROJEK - Ons lidmate brei beertjies en mussies vir kanker-pasiёnte en ander siek kinders/ volwassenes.
PRETORIA-NOORD DIENSGROEP - 'n Uitreik aksie na ernstig hulpbehoewende gesinne in Pretoria- Noord.
GEMEENTEFUNKSIES - Hierdie diensgroep is verantwoordelik vir die dek en versier van tafels, opruiming en Spyseniering met gemeentefunksies.
