Bedienings


Geestelike Bedienings

Ondersteuningsbedienings

 

Neem deel

Ek stel belang om betrokke te raak/ meer inligting te kry oor die volgende bedienings:

Diakonie

Erediens bediening

Fondse

Gebed

Goeienuus

Kerkkantoor

Kommunikasie en Inligting

Vrouediens

 

Bedienings

Op grond van die  Skrif streef ons gemeente met ywer daarna dat die amp van die gelowige tot die ontplooiing van sy volle potensiaal sal kom.  Dit beteken dat daar van elke lidmaat verwag word dat hulle nie net bedien sal word nie, maar ook sal dien met die gawes wat elkeen van die Here ontvang het.  Ons is nie net ʼn “organisasie “ wat bestuur word nie,  maar ook ʼn lewende organisme wat werk en voel ter wille van god se Koninkryk hier op aarde.

In praktiese terme beteken dit dat daar op sterkte van duie Bybelse beeld van die liggaam (I Korintiërs 12) ʼn deurlopende appel op die lidmaat gedoen word om hulle gewig in te gooi by minstens een aksie/aktiwiteit , van die gemeente.  ʼn Aksie is ʼn georganiseerde voortgaande aktiwiteit, waar lidmate met gemeenskaplike gawes en/of belangstellingsvelde, koninkryksdiens verrig.  Dit staan lidmate vry om by meer as en aksie betrokke te wees, maar daar word veral daarop klem gelê dat hulle by ten minste een aksie verantwoordelikheid sal aanvaar en aktief inskakel.  Lidmate word ook uitgedaag om voortdurend biddend besig te wees om behoeftes in die gemeente en in die gemeenskap te identifiseer en daadwerklik daarby betrokke te raak.

ORGANISATORIESE STRUKTURE

Die Sentrale Kerkraad (SKR) tree op as die gemeente se regspersoon.  Dit is die  SKR se funksie om die oorhoofse toesighouding en bestuur van die gemeente te behartig.  Die SKR keur jaarliks die gemeente se onderskeie doelwitte, projekte en die begroting  goed.  Die SKR maak gebruik van die Uitvoerende Komitee (UK), Bestuurskommissie (BK) en ‘n aantal Bedienings om sy werksaamhede uit te voer. 

Die Uitvoerende Komitee (UK) is ook verantwoordelik vir die strategiese beplanning en bestuur van die gemeente se werksaamhede binne die raamwerk soos deur die SKR geformuleer.  Die Bestuurskommissie (BK) is verantwoordelik vir die dag-tot-dag funksionering en bestuur van die gemeente se aktiwiteite

Bediening_struktuur