Ons visie en missie
Raslouw se logo bestaan uit ʼn aantal figure, groot en klein, wat die gemeente samestelling weerspieël. Al die figure se hande is uitgesteek na die Here in lof en aanbidding. Ons leuse is RASLOUW REIK UIT
VISIE: Raslouw reik uit :
na God in aanbidding
na mede-lidmate in liefde
na ander met die Evangelie in liefde
MISSIE: Om ʼn lewenskragtige, dinamiese gemeenskap van gelowiges te
wees wat in gemeenskap/koinonia met mekaar en met God leef, en wat sy beeld en evangelie na nader nie-gelowiges uitdra.
Epos: raslouw@mweb.co.za
